Christine is 'n wonderlike mens. Ons is so bly dat ons by haar uitgekom het. Sy motiveer ons fantasties. As daar enige probleme is was sy daar vir ons. Sy loop nou regtig 'n ekstra myl saam met 'n oorgewig persoon wat gewig wil afskud. Ek persoonlik kan net se sy is 'n fantastiese mens!
Wat 'n ongelooflike "stunning" ervaring! Die ondersteuning wat mens kry is regtig fantasties! Die span het 'n empatiese "touch" wat mens so spesiaal en uniek laat voel! Sy verstaan voorwaar 'n vrou se kop! Die hele span by Health Renewal Willowbridge, van die Dokter tot die personeel & terapeute vorm 'n passievolle en energieke netwerk om jou as vrou te ondersteun gedurende gewigsverlies! En mens kry resultate! Dankie julle. Hierdie program beveel ek aan almal wat weer met selfvertroue die lewe in die oe wil kyk, julle is tops!